In sneeu geskryf / Francois Loots

R70.00

In Rusland aan die begin van die twintigste eeu vind twee priesters vertroosting in mekaar se arms teen die Siberiese winter en die bloedige opmars van die Rooi Leer. Dekades later, op ‘n kontinent duisende kilometers ver, verruil jong Heinrich sy sukkelbestaan in ‘n Karoo- dorpie vir die kitsrykdom wat ‘n somer by Sizzler’s, ‘n bordeel in Seepunt, hom beloof. Hier werk hy saam met Stallion, Randy en Cool Daddy. Vir sy kliente is hy “Frikkie”, ‘n boerseun wat hul wildste fantasiee waar maak. Wanneer ‘n klient een aand vir hom ‘n gedig oor sneeu voordra, ruk hy Heinrich aan die hart. Later loop Heinrich die man, Bertus, in ‘n kuierplek raak waar die ouens van Sizzler’s uithang. Wat hulle twee nie weet nie, is dat die kelner wat vir hulle shooters aandra, teen ‘n waansinnige moorddadigheid in sy eie kop baklei. Die ware Sizzler’s-moorde van 2003 vind op besondere wyse neerslag in Francois Loots se verhaal. In sneeu geskryf knoop die lotgevalle van uiteenlopende karakters vernuftig saam – hartverskeurend, koelbloedig en anderkant die grense van ruimte en tyd.

Out of stock

SKU: FIKSIE.EXI.002/12/17 Category:

Description

Uitgegee deur Umuzi

Eerste uitgawe eerste druk 2015

Sagteband splinternuut