Jasper se sirkusavontuur / C.F. Beyers-Boshoff

R85.00

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die elfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper se pa wil weet wat hy eendag wil word. Die probleem is dat daar so baie opsies is. Soms wil hy ’n renmotorjaer word wat in ’n rooi Ferrari oor die aarde skeer, dan stel hy weer belang in rillerverhale skryf en net die volgende dag wil hy regte gaan studeer. Toe die sirkus egter ’n draai in Leliesvlei maak, besef Jasper dat hy eintlik ’n akrobaat wil word. Maar sal sy ouers sy besluit ondersteun? Kom deel in die avonture van Jasper.

Out of stock

SKU: JEUG.CHA.001/3/6/22 Category:

Description

JP van der Walt en Seun

Eerste druk 1971

Hardeband met omslag, boek in ‘n mooi en skoon toestand

Jasper-reeks nr. 11