Johanna se storie / Jan Rabie

R75.00

Johanna: produk van ‘n gemengde huwelik, word in afsondering groot – sonder apartheid, het haar pa koppig en trots besluit. Maar sy besit nie haar ma se lydsaamheid en berusting nie. Sy verwerp dié onnatuurlike isolasie en vaar die wye wêreld op eie houtjie in – om kennis te maak met die volle Suid-Afrikaanse werklikheid, waarbinne sy haar geluk, haar identiteit moet vind, ten spyte van apartheid en sy onvermydelike implikasies.

Met dié verhaal bring Jan Rabie – soos ons al van hom leer verwag het – iets nuuts in die Afrikaanse prosa. Sy bemoeienis bly by die mens, wat steeds sentraal staan in die roman, en die mense betrokke by ‘n gemeenskap. Maar dit is sy uitbeelding van die gemeenskap wat verfrissend nuut is. ‘n Reeks gevatte en raak satiriese episodes word behendig met Johanna se verhaal ineengevleg: ‘n rugbywedstryd, ‘n reklameset, ‘n familiebesoek in Bonteheuwel, regeringsonderhandelings op Tafelberg, ‘n literêre uitstappie na Onrusrivier, kortom, ‘n kaleidoskoop van Suid-Afrika, vandag, in al sy fasette.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.607/15 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum: Eerste uitgawe 1981

Toestand: Hardeband met  stofomslag boek nog in goeie en stewige toestand, blaaie vergeel