Johannes Strydsman: Legendariese boereverkenner en Kaapse rebel deur Johannes W. van der Walt

R250.00

Nuwe voorraad ontvang April 2021!

Hierdie boek handel oor Hendrik Stephanus Johannes van der Walt alias Johannes Strydsman, se oorlogervarings as verkenner onder die bevel van kommandant P.H. Kritzinger, tydens die kommando se inval in die Kaapkolonie.

In hierdie boek kry ons ‘n unieke insig in die lewe van die vegtende Burger op kommando. Kommandant Kritzinger val die Kaap-kolonie binne om die Britse magte uit die republieke te lok. Die kommando beweeg teen ‘n moordende pas deur die middelande tot naby Grahamstad in die Ooste. Vandaar Noord verby Tarkastad tot in die Suid Vrystaat. Die gety draai egter teen hulle teen die middel van 1901. Die kommando in die kolonie se dae is egter getel as die baas rebel jagter, kolonel Harry Scobell op hulle spoor kom.

Johannes van der Walt veg saam met die verkennerskorps, “Die Yzerkante” op die voorhoede. Net die gebruik van ‘n skuilnaam sal sy lewe red.

“….Die resultaat is ‘n boek wat ek nie kon neersit toe ek dit begin lees nie.

Met vrymoedigheid beveel ek hierdie boek by lesers aan oor die verhaal van ‘n gewone burger in ‘n oorlog wat die Afrikaner ná meer as honderd jaar steeds na aan die hart lê.”

Prof. Fransjohan Pretoruis.

This book is also available in English.

Johan van der Walt het na jare se navorsing die groot taak aangepak om sy oupa, Johannes Strydsman se storie neer te pen.  Johannes Strydsman was ‘n boereverkenner en Kaapse rebel tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902.  ‘n Baie positiewe voorwoord deur Leopold Scholtz.

 

Out of stock

Description

Uitgegee deur Johannes Wentzel van der Walt

Eerste druk 2012

A4 grootte sagteband boek met glansbladsye.

Boeke is genommer en geteken deur die skrywer: nommers – 487/500 en 489/500 en 479/500 en 480/500