Judasbok: verraad ter wille van oorlewing / Wynand du Toit

R260.00

In Mei 1985 land ‘n nege-man-span van die SA Spesiale magte op ‘n strand in die olieryke Cabinda-provinsie in Angola. Hul uitsluitlike doel is die vernietiging van ses massiewe olie-opgaartenks. Die daaropvolgende skietgeveg lei tot die dood van twee soldate en die gevangeneming van Wynand du Toit.  Dit alles duis op een ding: verraad!

Leer hier in sy eie woorde die gebeure van daardie nag en die diepgaande nagmerrie  van sy gevangeneskap, die sameswerings en die uiteindelike afleiding dat die hele operasie slegs ‘n openingskuif was wat uiteindelik die Suid-Afrikaanse volk moes mislei tot oorgawe in Angola en die onafhanklikheid van Namibie.

Judasbok beloof om die leser op ‘n ongelooflike intense ervaring te neem en ‘n indiepte kyk te gee na wat agter die skerms gebeur het en wat aanleiding daartoe gegee het dat Wynand du Toit ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het.

Let ook daarop dat die opvolg van hierdie boek, Josefskleed: stryd om te oorleef, in 2016 verskyn het.

Boek uitgegee deur Groep 7 Drukkers en Uitgewers. Eerste uitgawe 2015

Voorbladskets deur Wynand se dogter Benine du Toit.

 

2 in stock

SKU: BOS.WYN.001/11/18; BOS.WYN.002/11/18 Category: Tags: , , , , , , , ,

Description

Foto: Michiel Andries Oberholzer

Hier is Wynand du Toit (regs) saam met Koos Verwey van die Kunene tydens Wynand se nuutste boek se bekendsteling in Outjo Namibie in Julie 2017. Koos was tydens sy Spes magte basiese siklus Wynand se kursusleier vir  ongeveer 6 maande. Koos vertel hy is baie trots daarop dat hy ‘n klein rol kon speel ten einde Wynand voor te berei vir sy dae in die tronk.

Additional information

Weight 0.271 g