Juffrou Sophia vlug vorentoe / Berta Smit

R85.00

Juffrou Sophia sê vir haarself: dit is my stoel. Dit is my tafel. My bed. Want na vier maande in die hospitaal is dit of sy van alles om haar vervreem het. Ook van haarself.

Haar lewe word ‘n ontdekkingstog, of soek na haar wêreld en haar eie identiteit. Sy moet vir haarself opnuut verantwoording doen van haar Afrikanerskap en van waar sy hoort. Daar word gepraat oor ‘n nuwe Suid-Afrika, maar wanneer sy die nuus aanskakel, gaan dit net om beskuldigings, onverbiddellike eise, wantroue.

En berigte van geweld.

Haar verhoudings met Mavis en Issa en die selfmoord van Isolde Louw word ‘n spieëlbeeld van hierdie siek samelewing. Net soos haar eie vertrapte jeug.

As ‘n mens maar van voor af kon begin…

Dié gedagte jaag juffrou Sophia op. Sy wil vorm daaraan gee. Sy wil skryf, ‘n roman met ‘n boodskap van bevryding. Die tema werk sy netjies uit: skuldbelydenis, vergifnis, versoening.

Maar toe haar verhaal sy loop kry, neem dit ‘n wending wat sy nie kon of wou voorsien nie.

En haar Christenwees word iets verrassends nuuts.

Berta Smit se eers roman na ‘n lang stilswye sny diep en eerlik in die menslike situasie. Dit is ‘n relevante verhaal wat ingebed is in die die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis en in die mens se verhouding tot God. Tog is dit ‘n toeganklike verhaal deurspek met fyn ironie – en ‘n goeie klappie ondeundheid daarby…

Out of stock

SKU: FIKSIE.ESM.010/3/18 Category:

Description

Uitgewer: Queillerie

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1993

Toestand: Waterskade