Kalmte in die malle gejaag / Johannes de Villiers

R170.00

Mindfulness vir besige mense…

Jy wil graag soms asem skep, die mooi dinge om jou raaksien en tyd bestee aan dit wat regtig saak maak. Maar die realiteit is dat jy van punt A na punt B jaag, altyd moeg en erg gestres is. Hoe kan jy hierdie situasie verander? Deur die tegniek van bedagtheid (mindfulness) en meditasie is dit moontlik om met vars, nuwe o na die wreld om jou te kyk. Leer aan die hand van die stories van gewone mense hoe om bedagtheid deel van jou lewe te maak sodat jy die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – kan sien. Deur bedagtheid te beoefen sal jy beter met mense oor die weg kom, weer lief vir die lewe raak, ontspanne wees en jou werkslas beter kan hanteer. Laat’ Kalmte in die malle gejaag’ jou inspirasie wees. Geskryf met baie humor deur ‘n kundige wat self die pad geloop het en hope praktiese wenke.

Out of stock

SKU: NIE-FIKSIE.BOB.001/7/19 Category:

Description

Human & Rousseau

2018

Sagteband nuut