Karnaval en Lent is een gedig / T.T. Cloete

R110.00

Drie jaar na sy vorige digbundel met die veelseggende titel Onversadig (2011), verskyn in die jaar waarin die geliefde Afrikaanse digter TT Cloete 90 jaar oud word, sy tiende bundel, Karnaval en Lent (2014). Dit is ’n gedugte werk gegewe die verstommende prestasie wat Cloete hier lewer om op so ’n gevorderde leeftyd nog die grense van sy/die digkuns te verskuif en waarlik vars en verruimende perspektiewe op die skepping, menswees en die poësie te lewer. Dit is ’n omvangryke werk van 160 bladsye, bestaande uit sewe afdelings waarin Cloete hom steeds bewys as voortreflike “komponis” en bundelbouer, kenmerke van sy oeuvre waaraan Bernard Odendaal (2013) onlangs ’n verhelderende artikel gewy het.

Karnaval en Lent, waarvan die titel verband hou met Pieter Brueghel de Oude se skildery Die geveg tussen Karnaval en Lent (1569), volg op die hakke van Cloete se omvangryke literêr-filosofiese boek Die ander een is ek (2013), waarin hy sy poëtika, ingebed in sy ryk en rype lewensvisie, uiteensit.

Out of stock

SKU: DIG.EXC.005/8/23 Category:

Description

Uitgegee deur  Tafelberg-Uitgewers

Eerste uitgawe 2014

Sagteband boek in nuwe toestand waarskynlik nooit gelees nie

Bandontwerp deur Michiel Botha met ‘n kunswerk deur Frank Pereira

R110