Karoo Wildsvleis / Lynne Minaar, Albe Neethling, Annatjie Reynolds

R490.00

Die Groot Karoo is die tweede grootste platogebied buite Asië. Hierdie semi-droë streek maak tot ’n groot mate die sentrale deel van Suid-Afrika uit. Dit is ook die tuiste van talle inheemse wildsoorte soos springbok, koedoe, gemsbok, hartebees, eland en wildebees.

“Wildvleis was lank slegs goed vir biltong en droëwors. Hierdie boek bewys die waarde en veelsdigheid van wildvleis wat geurig, voedsaam en lag in vet is. Die boek voorsien in die behoeftes van die kok, huisvrou, én die meer as 9 000 geregistreerde wildsboere in Suid-Afrika.”, sê dr. Lucas Potgieter, jagter en natuurliefhebber, Noordwes-Universiteit.

Met hierdie omvattende boek in die hand kan elke kok interessante wildsvleisgeregte voorsit. Dit sluit ’n verskeidenheid van snitte, marinades en bykosse in wat elke maaltyd ’n gesonde en opwindende feesmaal kan omskep.

 

5 in stock

SKU: KOO.KAR.001-010/8/20 Category:

Description

Sunbird

2011

Sagteband nuut aangekoop