Kerssnuitsels / Petronella van Heerden

R110.00

Die stilte van ‘n plaasdam met die weerkaatsing van populiere daarin, die angs om ‘n kinderfiguurtjie in ‘n nagrokkie teen middernag alleen in ‘n dorpstraat, die uitgelatenheid van ‘n trop skoolkinders wat met gouestroopblikke aan die voete skool toe galop, die onverskrokkenheid van ‘n vrou wie se man in die oorlog wegraak, die ellendes van ‘n boerkind in ‘n vreemde skool, die hele drukte en doenigheid in die geheimsinnige wêreld van ‘n kind, mev Marie Koopmans de Wet, die geliefde President Steyn en die beroemde Emily Hobhouse – dis ‘n paar van die dinge wat adie leser sal vind in Kerssnuitsels, die jeugherinneringe van iemand wat van haar vroegste jare af ‘n eie, heel besondere manier van sien en doen en dink gehad het…

1 in stock

SKU: FIKSIE.HEN.649/2011 Category:

Description

Datum: Tafelberg Uitgewers

Datum:  1963

Toestand: Hardeband met familiefoto op buiteblad, boek mooi skoon toestand, skoolstempel voorin en sakkie van biblioteek agterin en ‘n nommer bo-aan bladsy geskryf, stukkie sellotape op agterkant van die boek afgetrek en verf van agterblad beskadig, toon effense verweer op rante van die boek

Bandontwerp: Willem Jordaan na ‘n familieportret van die skryfster. Die persone in die groep is die ouers, mnr. en mev. F.W. van Heerden, Alec van Heerden, broer en die skryfster, dr. Petronella van Heerden, toe ses jaar oud.