Keurgeregte van die Wêreld in kleur

R110.00

Kookkuns van die volgende lande is in hierdie boek opgeneem: Amerikaans, Brits, Skaninawies, Duits, Frans, Spaans, Italiaans, Oos-Meditereens, Joods, Sjinees, Verre Oosters onder hierdie selfde hoofstukindeling.

Sonder  hierdie boek behoort ‘n liefhebber van uitheemse geregte beslis nie te wees nie. Dit is saamgestel vir sowel ervare, as die entoesiastiese kok en is ‘n unieke gids tot die bereiding van die gewildste streeksgeregte van die wêreld.. Die resepte in elke afdeling, is deur die persoon wat as ‘n kenner op die gebied van sy eie land se kookkuns beskou word, saamgestel. Behalwe bekende en klassieke geregte is daar soms ook ongewone en selfs baie eenvoudige tradisionele geregte ingesluit. Name van elke land se kok, word by die inleidende bladsy van daardie land gemeld.

 

1 in stock

SKU: KOO.LEO.021 Category:

Description

Uitgewer:  Trans Univers Uitgewers Edms Bpk.

Datum: 1ste Afr uitg, 1978

Toestand: Lekker dik hardebandboek met gekleurde voorblad in mooi en stewige toestand, naam van vorige eienaar voorin geskryf

Vertaler: In Afrikaans verwerk deur Anet Erasmus

Omslagfoto’s: Deur Eroc Carter