Klaasneus-hulle / Anna Rothman

R80.00

Die klaasneus het ‘n neus. “Dit is ‘n pikswart slurpie van meer as ‘n halfduim lank en dit laat ‘n mens dink aan ‘n stukkie swart gomlastiek wat op ‘n baie slap veer gestel is: so slap dat dit byna nie kan stilstaan nie maar aanhoudend roer.” Op dié manier, met ‘n vonkel in die ook verstrek die skrywer interessante feite oor ‘n verskeidenheid van diere, klein en groot – van die olifante van die Addo-bos, tot die broekmannetjie, die besige klein spinnertjie, in die tuin. Alles is gebaseer op werklike ondervindinge en waarneming en met ‘n oorspronklikeheid en liefde vir die veldbewoners beskryf, wat die wonder van die natuur en van dinge waaroor gewoonlik nie twee maal gedink word nie, baie duidelik aan die leser tuisbring.

‘n Boeiende, uiters interessante en leesbare werk. Die lewendige en veelseggende tekeninge deur die ervare kunstenaar, CT Astley Maberly vul die teks onverbeterlik aan.

Diere wat bespreek word:

Ystervarke, skilpaaie, Olifante, Kleo-rooikat, Vrolijkheid se rooikatte, Krimpvarkie, Klaasneus, Vaalveldmuise en die geelslang, vlermuise, Die geitjie, koggelmander Akkedisse en Die broekmannetjie.

 

2 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.DEH.0756; NIE-FIKSIE.NAU.001/7/19 Category:

Description

Uitgewer:  Tafelberg

Datum: Vyfde druk 1975

Toestand: Hardeband met stofomslag effense skaafmerke op onderkant van boek maar boek binne in puik toestand, blaaie vergeel

Tekeninge: Deur Astley Maberly

Stofomslagontwerp: Horst Walter

Oor die skrywer Anna Rothman:

Sy is dogter van die bekende skrywer MER en is op Swellendam gebore. Na matriek aan die Girl’s High School in Pretoria studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy ‘n M.Sc-graad behaal. Daarna doseer sy aan die Paarlse Opleidingskollega en van daar is sy nadie Albanie-Museum in Grahamstad. Mej. Rothman het die Museumskooldiens vir Oos-Kaapland begin en 19 jaar lank bestuur. Sodoende het sy met ‘n kindergehoor in aanraking gekom  – die ondervinding spreek duidelik uit die interessante feite-aanbieding in Klaasneus-hulle.