Klaasneus-hulle /Anna Rothman

R100.00

Die klaasneus het ‘n neus. “Dit is ‘n pikswart slurpie van meer as ‘n halfduim lank en dit laat ‘n mens dink aan ‘n stukkie swart gomlastiek wat op ‘n baie slap veer gestel is: so slap dat dit byna nie kan stilstaan nie maar aanhoudend roer.” Op dié manier, met ‘n vonkel in die ook verstrek die skrywer interessante feite oor ‘n verskeidenheid van diere, klein en groot – van die olifante van die Addo-bos, tot die broekmannetjie, die besige klein spinnertjie, in die tuin. Alles is gebaseer op werklike ondervindinge en waarneming en met ‘n oorspronklikheid en liefde vir die veldbewoners beskryf, wat die wonder van die natuur en van dinge waaroor gewoonlik nie twee maal gedink word nie, baie duidelik aan die leser tuisbring.

‘n Boeiende, uiters interessante en leesbare werk. Die lewendige en veelseggende tekeninge deur die ervare kunstenaar, CT Astley Maberly vul die teks onverbeterlik aan.

Diere wat bespreek word:

Ystervarke, skilpaaie, Olifante, Kleo-rooikat, Vrolijkheid se rooikatte, Krimpvarkie, Klaasneus, Vaalveldmuise en die geelslang, vlermuise, Die geitjie, koggelmander Akkedisse en Die broekmannetjie.

Out of stock

SKU: NIE-FIKSIE.ALG.209/19 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste druk 1964

Hardeband met omslag, skoolstempel en klassifikasienommers op eerste twee blaaie maar boek self nog splinternuut en waarskynlik nooit gelees nie. Naam voorin boeke uitgetippex. Sakkie agterin boek. Plakker wat op stofomslag afgetrek is, het op agterflap skade aangerig.