Sale!

Klein Verseboek / D.J. Opperman

R200.00

Klein verseboek volg op Kleuter-Verseboek. Daar val die aksent in ‘n groot mate nog op die spel van klank, die kind se ontdekking van sy eie liggaam, die huisgesin, sy omgewing, sy maats en die skool. By hierdie hele klankespel kom daar nou in Klein Verseboek gedigte by met die aksent al hoe meer op die verhaal, die voorval en die situasie. Verder is daar gedigte ingesluit met ‘n bepaalde stemming waarin die kind nie slegs die buitewêreld herken nie maar ook van ‘n binnewêreld bewus word: van gevoelens, gedagtes en waardes. Op die manier word die jong lewers ook spoedig ingelei tot die werk van ons ander erkende digters soos onder anderse:  C. Louis Leipoldt, Helena J.F. Lochner, F.W Boonzaaier, C.J. Hofmeyr, Christa van Tonder,  Marie Opperman, S.E. Fraser, C.J. Langenhoven, Elsa Niemeyer, A.G. Visser, A.D. Keet, W.E.G. Louw, Totius, N.P. van Wyk Louw, P.J. Philander, G.A. Watermeyer en nog meer…

Out of stock

SKU: JEUG.JUS. 001/4/5/22 Category:

Description

Uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers

Eerste uitgawe, sesde druk 1971

Hardeband met mooi stofomslag (met klein bietjie skaafmerke op die rante) – baie skaars boek in so goeie toestand

Pragtige swart en wit sketse langs die gediggies. – dalk ook deur P. de Weerdt soos die voorbladskets.

R200