Klipkus / Marlise Joubert

R90.00

Brigitta het Adri se briewe aan uitgewer Vink voorgelê vir publikasie. DIt is ‘n versameling briewe uit Adri se studentejare en uit haar verblyf in Europa, en wat afgesluit word met ‘n selfmoordbrief.

‘n Aangrypende, soms ontstellende verhaal lê opgesluit in dié briewe. Saam vorm hulle ‘n beeld van Brigitta en Adri se verhouding en van albei se soeke na selfverwersenliking.

Vir Brigitta is hul verhouding iets waarvan die benoeming onnodig is, miskien selfs onmoontlik. Dit is ‘n verhouding wat nie in ‘n kategorie ingedink kan word nie. Dit moet eenvoudig net beleef, ontgin word. En dié ontginning, dié soort belewing is in Adri se briewe aanwesig. Sy skryf intens en met haar hele wese. Ekstatiese vreugde en poëtiese hoogvlugte word gevolg deur ‘n neerdaal in vertwyfeling. Sy verwyt Brigitta: “jy trek my nader, jy stoot my weer weg, jy skep harmonie met jou lyf en chaos omet jou verstand, waarom breek jy liefde oop, net om weer daarna die gal van jou binneste uit te braak?” Veral wanhoop sy aan haarself, soek vrywording van haarself, die “ou self” en van die ambivalensie wat (haar) van binne laat verrot van uitputting.

Haar soektog eindig wanneer sy haar eie lewe neem op die vliegtuig terug na Suid-Afrika. Maar vir Brigitta is dit nie die einde van die verhouding nie: “Adri, my liewe Adri. Jy is ‘n sirkel. Jy is dood, maar jy hou nie op nie.”

Klipkus bring oor tematiese verruiming –  die eerste novelle in Afrikaans om die “vreemde liefde” van vroue so sentraal aan bod te bring.

1 in stock

SKU: FIKSIE.GER.012/1/16/20 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1978

Toestand: Hardeband met stofomslag met effense skaafmerke op rante, boek in puik en nuwe toestand, vorige eienaar se naam voorin geskryf in ink

Omslag : Deur Helmut Starcke