Korsies van growwebrood / P.H. Nortje

R95.00

In al sy boeke is “verskuilde outobiografie”. Nou in Korsies van growwebrood, word die waarheid vertel. Die vertelling sluit aan by sy bestaande skrywerk, vul dit aan en erklaar heelwat. Hy het byvoorbeeld nog nie vantevore vertel hoe hy as klueter met ‘n blinde eend geboer het of van sy liefdesterleurstelling in sub A nie. Sy lesers was nog nie saam met hom op ‘n “subskripsiedans” nie – waar ‘n man maklike ‘n “hoofmied” as maat kan kry. Dan is daar ook die storie oor hoe Jan Draf die balhorige donkies die steiltes uitgekry het die keer met die groot uittog see toe. Saam met hom beleef ‘n mens ‘n toekomstige eerste minister se heldedaad toe twee platjies palings wou vang. Hy verduidelik hoe die “wilde, getroude voël” hom sy Wellington-sketse laat skryf het en hoekom hy sulke vrese had vir sy Huisgenoot-storie oor die kwaadgemaakte kerkraadslid op die rugbyveld…

Out of stock

SKU: FIKSIE.CHA.011/1/19 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1989

Toestand:  Hardeband met mooi stofomslag, blaaie vergeel maar boek is binne nog stewig en skoon, asof nooit gelees is nie.