Kruidjie roer my : die antieke helingskuns van die Karoo-veld / Antoinette Pienaar

R120.00

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy : “Hier kom Juffrou nou eers aan!”

Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is.

Na sewe jaar se vakleerlingskap volg hierdie boek oor wat Karoo-kruie vir jou kan doen. Hoe dit jou kan roer – want in oom Johannes se benadering kort nie net jou liggaam heling nie, jou gees word saam gedokter.

In Kruidjie-roer my hoor ‘n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek Vrydagmiddae op RSG dit ken : vol begrip en deernis, altyd met ‘n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid…

Out of stock

SKU: NIE-FIKSIE.BFL.020/7/20 Category:

Description

Uitgewre: Umuzi

Datum: Vierde druk 2009

Toestand: Sagteband met volkleur glansvoorblad so goed as nuut, boodskap aan vorige eienaar van Antoinette en oom Johannes

Voorbladfoto: Frederik de Jager en landskapfotos deur Annari van der Merwe