Kwai vegter van die duine / Jan J van der Post

R95.00

Met Agarob, Kind van die duine het die skrwyer in 1963 gedebuteer met ‘n boek wat enig in sy soort was, ‘n boek wat met die seldsame egtheid en eenvoud geskryf is. Sedertdien het nog nege Duine-boeke verskyn en elkeen toon duidelik dat hy met ‘n eerstehandse kennis van sake sy boeiende verhale vertel. Hierdie kennis kan alleen geput word uit ‘n persoonlike en intiem-onmiddellike kontak met die klein mensies van die veld. Gevolglik is sy boeke dan ook ‘n unieke bydrae tot die Suid-Afrikaanse verhaal oor ander rasse.

Kwai, vegter van die duine, bewys dat die skrywer nog nie sy pylkoker met sy vorige werke leeg geskiet het nie. Met hierdie verhaal breek hy weg van die uitbeelding van die verwarrende wêrelde wat daar tussen Boesmans en witman, of omgekeerd, bestaan. Hierdie keer bepaal hy hom  by die stryd tussen die klein mensies van die veld en die swartmense wat oor die duine-wêreld heen die spore van die klein mensies volg. Hulle word gejag, gedood, hulle vrouens en kinders ontvoer…

Out of stock

SKU: FIKSIE.FIR.005/12/17 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Derde druk 1971

Toestand : Hardeband met mooi stofomslag paar geel skimmelvlekke aan binneblaaie aan die begin voor storie begin verder skoon en stewige boek

Omslagontwerp: Gerhard Last