Kyk ons is Perde / Molly Grooms

R65.00

Molly Grooms se liefde en belangstelling in diere het reeds in haar kinderdae begin. Sy het ‘n deelstaatskryfkompetisie met haar eerste kinderboek gewen. Molly het al verskeie kinderboeke geskryf, onder meer Look, we are wolves, Look, we are Bears, Look, we are Dolphins, Look we are Tigers en Look, we are puppies. Haar boeke is in baie lande gewild. Molly woon in Oregon in die VSA.

Alexander Nikolaevich Sitchkar is in 1947 in Moskou gebore. Toe hy sewe jaar oud was, het hy opleiding in die beeldhou-, teken- en skilderkuns by een van Moskou se kunsskole begin kry. In 1966 het hy onder een van die beroemdste Russiese dierekunstenaars V. Vatagin, gestudeer en sedert 1969 werk hy as animasiekunstenaar. Alexander teken allerhande natuurlike vorms met die grootste sorg en bewondering – soos ook die mooi sketse in hierdie kartonboek. Hy is net spyt dat die mens nie lank genoeg lewe om elke bewegende wese minstens een keer te teken nie…

Out of stock

SKU: KIN.TIM.010/5/18 Category:

Description

Uitgewer: Struik

Datum: Eerste Afrikaanse uitgawe 2006

Toestand: Harde kartonboek met 40 bladsye vir kleuters en peuters met ‘n helderkleurige prent met min woorde op elke bladsy. Die kante van die boek het vog gekry en die verf afgetrek aan die rante van die eerste paar blaaie maar beinvloed nerens die teks van die boek nie.

Illustreerder: Alexander Nikolaevich Sitchkar

Taalversorger: Irma van Wyk

Vertaler: Aletta van der Westhuizen

Oorspronklik titel: We are horses