Legkaart van ‘n jong lewe / Dolf van Niekerk

R180.00

Essays oor wat was en geword het…

Jy kan net wees wat jy is, en jy is wat jy word.

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ‘n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers. Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van ‘n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees – en ‘n soeke na ‘n beter verstaan van dít wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf ‘n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.

2 in stock

SKU: FIKSIE.PRO.001/3/19; FIKSIE.PRO.002/3/19; FIKSIE.PRO.003/3/19; Category:

Description

Protea Boekhuis

2019

Splinternuut van uitgewer bestel sagteband met mooi omslag van Dolf en sy familie