Lettie Bock beland in die omnibus / Minnie Postma

R90.00

Minnie Postma het met haar geliefde vertellings oor aardse karakters en grillerige Basoeto-legendes vir haar ‘n besondere plek in die anale van die Afrikaanse letterkunde verseker. Tydens ‘n betreklike droogte in die prosa het sy met haar warm menslike verhale ontspanningsleesstof van gehalte aan duisende gebied, soos die talle geesdriftige briewe in Sarie Marais van die vyftigerjare getuig het. Haar manjifieke ou Lettie Bock, die liegbek, TOm Prens, die minlike Meintjjie en selfs Minnie se bediende het vir jong en ou lesers onsterflike figure geword. Literêre geskiedskrywers het lof vir haar bydrae: G Dekker waardeer haar “frisse naïefheid van styl” en intieme, vermaaklike tipering terwyl J.C. Kannemeyer die optekening van Basoeto-legendes as ‘n hoogtepunt vir die soort vertelling beskryf.

Minnie Postma moes as ‘n bedrywige huisvrou met ses kinders tydjies vir haar skryfwerk afknyp, maar moontlik juis daarom bied die vrolike vertellings oor die weergalose Lettie Bock so ‘n geloofwaardige beeld va ndie verteller se alledaagse leefwêreld.

 

1 in stock

SKU: FIKSIE.KAN.006/11/29/23 Category:

Description

Uitgewer: Haum Rostrum

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1984

Toestand: Hardeband met los omslag in puik toestand boek is mooi en skoon

Omslagillustrasie en ander illustrasies in boek: Katrine Harries