Los gedagtes / Jeanne Goosen

R120.00

BOEK IS SPLINTERNUUT !

Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en uitknipsels verskyn ‘n verrassing! Die skrywer het deurentyd los gedagtes neergepen – nie net ‘n paar nie, maar honderde gedagtes, te kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes, mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers gedeel te word.
Die aantekeninge weerspieël die merkwaardige intellektuele aktiwiteit van ‘n denker-kunstenaar. Sy bemoei haar intens met letterkundige, filosofiese, politiese, wetenskaplike, sielkundige insae en bevindings wat sy soms ernstig, soms satiries en soms ook kru verwoord.
Die versameling is spesifiek nie volgens onderwerp geklassifiseer nie, maar lukraak soos die losstaande aantekeninge opeenvolgend gevind is. Daar is ook nie geredigeer om taalgebruik te verbeter nie. Jeanne Goosen praat hier in haar eie, unieke stem.

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.H&S.001/7/20; NIE-FIKSIE.H&S.002/7/20; NIE-FIKSIE.H&S.003/7/20 Category:

Description

Hemel en See Uitgewers
ISBN 9781928283379
19 February 2020
Sagteband boek splinternuut aangekoop