Majuba: dramatiese voorvalle in die Eerste Vryheidsoorlog 1880 – 1881 / V.E. d’Assonville

R60.00

In omvang en getalle was die veldslag van Majuba op 27 Februarie 1881 eintlik klein. In vergelyking met beroemde veldslae in die wêreldgeskiedenis was dit skaars ‘n skermutseling van enkele ure. Maar die betekenis daarvan vir die Afrikanervolk en die Britse Koninkryk was onberekenbaar. Op die hoogtepunt van die Britse heerskappy toe hull reeds een-vyfde van die wêreld se oppervlakte besit het, is hierdie ryk tot in sy fondamente geskud. Na tagtig oorloë wat Brittanje in die 19de eeu geveg het, was Majuba sy eerste neerlaag. Engelse Kolonialisme het tydelik ‘n nekslag gekry. Waar Bloedrivier vir die die Boere-Afrikaners, ‘n radikale keerpunt in hulle oorlewing vir die Christelike beskawing gebring het, het Majuba vir hulle die redding onder die heerskappy van die Britse imperialisme gebring.

Die direkte gevolg was egter bitter. Ian Hamilton wat as ‘n luitenant op Majuba gewond is en later ‘n beroemde generaal geword het, skryf:  “Majuba was to cost us 20 000 lives twenty years later and figure as a sort of Bunker Hill in Afrikaner history of all time.”

1 in stock

SKU: GESK.NUUT.MAR.014/8/18; Category:

Description

Uitgewer: Marnix

Datum:  Tweede uitgawe 2001

Toestand: Splinternuut van uitgewer bestel. Titelbladsy het effense rimpels van waarskynlik hitte of vogtigheid – daarom afgemerk

Voorblad ontleen aan die oorspronklike skildery van JH Pierneef: Majuba vanaf die suidekant en RL O’Neill se plaasopsatal op voorgrond.