Man van Cirene / F.A. Venter

R85.00

Simon van Cirene verpersoonlik die gewone man van daardie tyd – verblind deur die lig van Christus – twyfelend, opstandig en tog ook verlangend, ‘n man met haat in sy siel en tog ook met daardie piëteit van die siel waarop Jesus sy Koninkryk gebou het. ‘n Man wat blind na waarheid en sekerheid rondgetas het onder die massiewe dubbele inwerking van Christus aan die een kant en Rome aan die ander kant.

Dié man is geteken teen die ruim agtergrond van ‘n groot tyd. Hy km manne soos Saulus, Simon Petrus, Pilatus, Kajafas, Herodes, Judas Iskariot en Barabbas teë – en ook keiser Nero wie se strydwa deur die eerste jong halms van die Christendom gedonder het. Man van Cirene is nie bloot ‘n historiese beeld nie. Wesenlik is dit ook ‘n moderne beeld, want in werklikheid is dit die verhaal van ongeloof en nyd teenoor katarsis en geloof – na byna 2000 jaar nog steeds die strydpunte in soveel ontelbare harte…

Out of stock

SKU: FIKSIE.SCH.005/7/19 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg Uitgewers

Datum: Vierde uitgawe eerste druk 1982

Toestand: Hardeband sonder stofomslag met gekleurde letters op voorblad, boek in netjiese stewige toestand, naam van vorige eienaar voorin geskryf