Mentje: kind van Pas-opkamp / Irma Joubert

R350.00

Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. “Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog ‘n mond wat moet kos kry, nog ‘n lyf wat gewas moet word, nog ‘n asem in die hut. Nog ‘n kind.”

Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, ‘n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in ‘n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944­ – 1945.

Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as ‘n valskermsoldaat by die Britse Ler aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.

Na die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.

1 in stock

SKU: FIKSIE.YAG.001/4/24; FIKSIE.RYK.009/11/22 Category:

Description

Uitgewer: Lapa

Datum: Eerste uitgawe, tweede druk 2018

Sagtebandboek soos nuut