Michel Strogof / Jules Verne

R95.00

Dit is die tweede helfte van die negentiende eeu. Daar is onrus in die Russiese Ryk. Opgesweep deur ‘n Russiese verraaier, Iwan Ogaref, het die Tartaarse hordes Rusland uit Turkestan begin binneval. Groot gebiede is reeds kaalgestroop en verbrand, en in die Siberiese Provinsie Irkoersk is die Tsaar se broer, die Groothertog, vasgekeer.

Skielik verneem die Tsaar in Moskou van een van sy spioene dat die verraaier Iwan Ogaref besluit het om die Groothertog se vesting as spioen binne te dring, sy magte aan die vyand uit te lewer en hom te vermoor.

Hoe kan die Groothertog gewaarsku word? Drieduisend vyfhonderd myl skei Irkoetsk van Moskou, en alle telefoon- en telegramverbindinge is verbreek. Net een floue moontlikheid bly oor, en dit is dat ‘n boodskapper uit Moskou gestuur word om ‘n brief van die Tsaar aan die Groothertog af te lewer voor die verraaier hom kan bereik. Dit lyk na ‘n onmoontlike taak – en daarom word dit opgedra aan Michel Strogof, boodskapper van die Tsaar. So begin Michel Strogof se fantastiese reis van Moskou na Irkoetsk, ‘n reis vol hindernisse en probleme, ontberinge en lewensgevaar.

Michel Strogof, een van Jules Verne se beroemdste romans, is baie jare gelede geskryf maar dit bly vandag nog net so opwindend soos altyd.

Out of stock

SKU: FIKSIE.FOR.003/8/18 Category:

Description

Human & Rousseau;

Eerste Afrikaanse uitgawe 1969;

Hardeband met stofomslag, ligte watermerke op omslag en op onderste hoek van die boek;

Oorspronklike titel in 1876;

Vertaal uit Frans deur Chris van Lille (Andre P Brink se skuilnaam)

Voorblad deur ene Lategan