Middelmannetjie / Engela van Rooyen

R90.00

November 1880 op Potchefstroom. Daar word beslag gelê op Piet Bontperde Bezuidenhout se wa omdat hy weier om sy belasting aan die Engelse owerheid te betaal, en alles begin op oorlog dui. Rynhardt Bates se planne om nog betyds weg te kom delwerye toe, val meteens deur die mat toe sy oom Frankie en die Bowker-gesin terugkeer Potchefstroom toe.

Van alle kante word daar druk op hom uitgeoefen. In die winkel by sy Engelse oupa word gepraat van die “ignorant boers” wat nie weet wat goed is vir hulle nie, en tuis, by ouma Jata, moet hy weer tot vervelens toe hoor hoe swaar die boere al gely het onder die “ingelse verdrukkers”.  Ook sy vriendskap met Vul word heeltemal beduiwel deur dié dinge.

En maar te gou word Ryhardt gedwing om te kies … én te veg.

Middelmannetjie is méér as ‘n historiese verhaal – dit gaan hier ook oor keuses en lojaliteite en die veelkantigheid van die waarheid.

1 in stock

SKU: FIKSIE.DON.004/15/7/20 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe eerste druk 1984

Toestand: Hardeband met mooi gekleurde voorblad, boek skoon en netjies, naam voorin boek uitgetippex

Bandontwper: Helmut Starcke