Mieg se kort en lang middag/ De Waal Venter

R80.00

In Mieg se kort en lang middag is Mieg (kort vir Michal) ’n standerd agt seun wat by ’n supermark werk om geld in te samel vir ’n rekenaar. Hy help ’n vrou Saterdagmiddag na toemaaktyd met die dra van haar inkopies en sy bied hom tee aan in koppies wat hom aan die sterre laat dink. Sy bied aan om sy horlosie reg te maak en skielik bevind hy hom in ’n staat waar die bekende dimensies (ruimte, tyd en perspektief) opgehef word. Mieg beleef drie avonture (of drome) wat verlede (in die Afrika-natuur), hede (by die see) en toekoms (op die maan) verteenwoordig. In die verlede bevind hy hom in prehistoriese Afrika, waar hy aan die kake van ’n leeuwyfie ontsnap en saam met Doibo en die swanger Odiba na die ommuurde stad reis. In die hede besoek hy ’n visfabriek en gaan saam met die vissers uit op see en verdrink byna. In die toekoms bevind hy hom op die maan, waar hy op Daaf se plaas werk totdat hy genoeg geld het vir ’n pendeltuigkaartjie terug aarde toe. Hoewel hierdie avonture verlede, hede en toekoms omvat, verloop daar in werklikheid slegs ’n driekwartier voordat hy weer in sy eie hedendaagse werklikheid beland. In hierdie allegorie met sy boeiende avonture slaag Mieg daarin om sy ma se dood en sy vrees vir die lewe te oorkom. Hierdie boek word later aan skole voorgeskryf.

1 in stock

SKU: JEUG.WAV.008/27/722 Category:

Description

Uitgewer: Quellerie-Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk 1992

Toestand:  Sagteband  in mooi en skoon toestand, naam van vorige eienaar voorin boek geskryf, boek is nog nuut binne

Bandontwerp: William Steyn na ‘n foto van De Waal Venter