Missionaris: Roman / Elsa Joubert

R120.00

Missionaris is gebaseer op die lewe van die sendeling Aart Antonij van der Lingen (vader van die bekende ds. G.W.A. van der Lingen van die Paarl) wat vanaf die begin van die negentiende eeu in die Kaap sendingwerk doen en die verhaal speel af in die tydperk 1800–1818. Die protagonis is liggaamlik en geestelik ietwat van ’n swakkeling. Met ’n misvormde boggel het hy ook groter ontvanklikheid vir allerhande kwale en is gevolglik ’n gevoelige en sku persoon. Geestelik het hy geen gespesialiseerde opleiding ontvang nie en kwalifiseer slegs as leke-prediker. Te midde van al hierdie persoonlike uitdagings bevind hy hom boonop in ’n tyd van rusie tussen die kerk en sending en die blanke nedersetting se vyandelikheid teenoor die sendelinge, veral sy seniors Read en Van der Kemp. Die W.A. Hofmeyr-prys word in 1989 aan Missionaris toegeken en hierdie boek is dieselfde jaar op die kortlys vir die toekenning van die C.N.A.-prys en die Hertzogprys. Sy vertaal self hierdie boek in Engels as The hunchback missionary.

1 in stock

SKU: FIKSIE.WAV.001/6/20 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk 1988

Hardeband in puik toestand