Moerbeibos / Dalene Matthee

R65.00

Matthee is bekend vir haar 4 bos-boeke waarvan Moerbeibos een is.

Silas Miggel is ‘n man van eenvoud en van eer. ‘n Bosmens, wat sy mooi Mirjam op die oopte van Gouna se platrand grootmaak – eenkant, sodat hy haar kan weghou van mans. Dat hy onwettig woon op kroongrond wat vir immigrante opsy gesit is, traak hom min. Hy is ‘n man wat sy eie dink dink en wat sy staan kan staan. Moeilikheid soek hy nie, maar moeilikheid soek hom. Soos die spul rumoerige Italiane wat op ‘n dag op die platrand afgelaai word. Sywurmboere uit Italië wat ingevoer  is om ‘n sybedryf te kom vestig en dit op ‘n stuk aarde waar ‘n moerbeiboom verseg om in die potklei te groei.

Dat hulle in die strawwe boswinter, met sy aanhoudende reën en koorssiekte, met hulle kinders in tente moet sit, is maar die begin van die ellende…

Out of stock

SKU: FM.BAY.008/10/17 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers

Tweede druk Oktober 1987

Stofomslag deur Helmut Starcke

Hardeband met stofomslag, binneste eerste skoon titelblad is uitgeskeur, twee merke op skoon binneblad, maar boek baie mooi en skoon binne, stofomslag het so paar ouderdomsplooie en klein stukkie op rug is af.

R65