My God en ek / Mark Preston

R80.00

In hierdie intieme en roerende verhaal vertel Preston hoe hy die afgelope 25 jaar lank met sy kruis voortgesukkel het aan die regterhand van sy God. ‘n Motor het eenmaal op hom omgeval, sy rug gebreek en sy ingewande so beseer dat geen geneesheer kon glo dat hy ooit sou leef nie. Sy kanse om te lewe was te gering om eens te meld. “Ek sal weer loop! God sal my help,” het hy pasiënt die spesialiste verseker wat radeloos om hom in die hospitale gestaan het. Hy het geweet. Hy het God gevra!

Met sy vlot verteltrant en boeiende styl, voer Mark Preston die leser mee op die folterpad vanaf die ongelukstoneel na die Bethlehemse Hospitaal, na Johannesburg, in die vliegtuig oor die uitgestrekte vasteland van Afrika, oor die Middellandse see, oor die Alpe, na Londen, oor Skotland en die Atlantiese Oseaan, New York tot in Boston, op soek na balsem vir sy wonde.

Daar het die operasietafels weer op hom gewag – en meer pyn. O, genadelose bestaan! Maar ver van sy vaderland, alleen in die vreemde, het God hom bevel: “Staan op en wandel.” Na die soveelste operasie sou Mark opstaan om te loop. En daarna het hy terug gekom na sy eie lewensbestaan, sy vaderland en familie.

Out of stock

SKU: GEE.NAU.001/09/16 Category:

Description

Dagbreek-Boekhandel

Twaalfde druk 1957

Hardebandboek met geel buiteblad, geen omslag en kol op voorblad en aan die kant (kyk op foto)