‘n Blywende vreugde: Briewe van Audrey Blignault / saamgestel deur Lynne Fourie, Marina Brink en Petrovna Metelerkamp

R260.00

NUWE BOEK

Wanneer uit voorraad – laat asseblief twee weke toe vir aflewering.

Die een boek wat Audrey Blignault nié geskryf het nie, was haar lewensverhaal. In ‘n Blywende vreugde word die verloop van die skrywer se lewe tussen talle van haar briewe deur beskryf. Die meer as 200 briewe gee die leser ook intieme insae in die dinge wat vir Audrey Blignault belangrik is. Sy skryf aan haar naaste familie en aan vriende soos Hennie Aucamp, Elize Botha, Alba Bouwer, M.E.R. en Ernst van Heerden. Soos sy in haar briewe na vore kom, leer die leser haar vele fasette ken: die vriendin, die moeder, dogter, lewensmaat, pasiënt, die openbare figuur, die toeris, ouma, tante, suster, radio-persoonlikheid, filosoof, gelowige – deurentyd die lewensgenieter en liefhebber van die woord, ook die stoute woord!

Out of stock

SKU: FIKSIE.ALM.041/18/8/23 Category:

Description

Uitgewer: Hemel & See Boeke

Hardeband, 423 bladsye, 24 bladsye foto’s, boek is nuut aangekoop

Kategorie: Nie-fiksie

ISBN: 978-0-620-40576-8