‘n Huldiging – Adam Small – denker, digter, dramaturg / Jacques van der Elst (redakteur)

R260.00

Adam Small: Denker, digter, dramaturg (2017) het ’n jaar ná die afsterwe van dié besondere Afrikaanse skrywer verskyn en bring hulde aan dié woordkunstenaar wat in 2012 met die Hertzogprys vereer is. Die bundel bied ’n terugblik op Small as mens én skrywer en ondersoek ook temas soos die toekoms van Afrikaans en Afrikaanse letterkunde, die rol van Kaaps en selfs bendegeweld. Verskeie intieme vriende en letterkundiges het meegewerk aan dié bundel.

Jacques van der Elst, redakteur van Adam Small: Denker, digter, dramaturg, skryf die volgende oor dié bundel: “Adam Small: Denker, digter, dramaturg hoef nie as afsluiting van die gesprek oor Small se lewe en werk beskou te word nie – inteendeel: Dit bied juis ook die geleentheid om die oorkoepelende blik oor Small se kunstenaarskap as inleiding tot verdere ondersoek te benut.”

Adam Small (1936-2016) word beskou as een van die belangrikste swart Afrikaanse skrywers wat homself laat hoor het oor onderwerpe soos die onreg van apartheid en die lot van die sprekers van Kaaps. Small se bekendste werke sluit onder meer in die drama Kanna, hy kô hystoe en die digbundels Sê sjibbolet (1963) en Kitaar my kruis (1962).

Adam Small: Denker, digter, dramaturg is die eerste boek in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks van Hertzogpryswenners. Hiermee word hulde gebring aan die literêre kunstenaars wat oor dekades Afrikaans en Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het.

1 in stock

SKU: BIO.SAW.004/6/20 Categories: , ,

Description

Oorspronklike teks deur die SA Akademie vir Wetenskap en kuns

Protea Boekhuis

Eerste uitgawe, eerste druk 2017

Sagteband nuut aangekoop

Omslagontwerp: Hanli Deysel