?n Nooi vir Omdraaikrans / Sarah du Pisanie

R35.00

?Ek moes geweet bet dit klink te goed om waar te wees! Jy het nog niks verander nie, Hilda. jy is nog net so selfsugtig soos altyd.?
?En jy is nog net so uitgesproke soos altyd!? Die pragtige meisie met die los blinkbruin hare se o? blits gevaarlik. Met moeite beteuel sy haar humeur.
Mariet Fourie vou haar arms voor haar bors en leun terug in die regop fluweelstoel. Sy vou haar enkels oorkruis en haar hele houding is een van onwankelbare vasberadenheid.
Hilda Cronj? stap soos ?n ingehokte dier op en neer op die sagte, wollerige mat wat haar voetstappe heeltemal demp. Sy gaan staan ?n oomblik by die kaggelrak stil, haar rug na haar gas gekeer en haar hande bewe van ingehoue woede toe sy vir haar ?n
sigaret aansteek.
?Dit was gemeen en onbedagsaam van jou om my hierheen te Iaat kom. Ek bet my werk bedank. Arme oom Dolf sit nou sonder ?n tikster. Hy was nogal grootmoedig genoeg om my die kans te gun. Hy het die beskou as ?n wonderlike geleentheid. Nou kom ek eers agter dat dit weer een van jou kastaiings is wat ek uit die vuur moet kom krap. Ons is nie meer op skool nie, Hilda! Ons het daardie deel van ons lewe twee jaar gelede al afgel?.?

Out of stock

SKU: ? Category:

Description

JP van der Walt en Seun, Eerste Uitgawe 1987,

Hardeblad, Geen stofomslag met stukkende plekkies op buiteblad