‘n Wonderlike geweld: Jeugherinneringe / Elsa Joubert

R280.00

Jeugherinneringe van Elsa Joubert. ‘n Wonderlike geweld is in wese ‘n karakterromam wat die vormingsjare uitbeeld van een van Afrikaans se bekendste skrywers.

Elsa Joubert groei op in ‘n geborge omgewing, maar verlang terselfdertyd na ‘n meer uitdagende lewe waarin sy haar kreatiewe talent tot uiting kan bring. Haar ouers speel hierin ‘n kardinale rol: haar komplekse ma wat haar lewe probeer beheer, maar vir wie sy tog mettertyd begrip ontwikkel namate sy besef watter invloed die sterfte van ‘n sussie gehad het en haar simpatieke en ondersteunende pa van wie sy soms skerp verskil. Boeien is ook ‘n verhouiding waarin godsdiens, musiek, weemoed en erotiek saamsmelt in die verwarde gemoed van die jong meisie – dié met haar vioolonderwyser Herr Metzler.

Die outobiografiese vertelling oorskou Joubert se Bolandse kinderjare, haar studie aan die Universiteit van Stellenbosch, haar ervaring as onderwyseres op Cradock, haar nagraadse studie aan die Universiteit van Kaapsta en haar werk as joernalis by DIe Huisgenoot. Totdat sy op 8 Maart 1948 as vyf en twintigjare op die dek van ‘n skip – die diep, donker water onrustige onder die kiel – staan, in afwagtign op ‘n alleenreis deur Afrika.

Dit is ‘n verhaal wat met verstommende detail ‘n bepaalde era in die land se geskiedenis uitbeeld, en daarby ook die wording van ‘n skrywer. Met opwinding ontdek Elsa Joubert haar verbondenheid aan haar volk, maar ook die dwalinge van Afrikandernasionalisme. die blywende beeld is die van ‘n vrou wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat te midde van uiteenlopende invloede in die onstuimige tyd na die Tweede Wêreldoorlog haar onafhanklike stem as skrywer vind.

 

1 in stock

SKU: BIO.RYK.005/10/23(SUR) Categories: ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers,

Eerste uitgawe 2005,

Hardeband met stofomslag, boekinhoud voel en lyk ongelees. Soos nuut

Bandontwerp: Johan van Wyk met ‘n foto van Elsa Joubert