Nak die jong jagter / Marius Marais

R90.00

Nak is reeds ‘n behendige jong jagtertjie wat gereeld ‘n sneeuhoendertjie of ‘n sneeuhaas plattrek. Maar sy groot begeerte is om saam met die volwasse jagters uit te vaar en sy eerste rob huistoe te kan bring.

Hiervoor is hy nog te jonk en pa Nikko wil hom nie op so ‘n gevaarlike jagtog saamneem nie. Intussen hou die jong Nak sy oë en sy ore oop. Hy leer om ‘n igloe te kan bou, om ‘n slee op die ys en die kajak op die see te hanteer, selfs hoe om ‘n harpoen te werp en hy luister na die ander baasjagters se verhale.

Maar voordat hy saam met sy pa kan gaan jag, word pa Nikko deur ‘n oorhangende stuk ysberg, waaronder hy gaan skuil, doodgeval. Nak se wêreldjie stort in duie, want nou is daar nie meer ‘n jagter in die huis wat vir genoeg kos kan sorg nie. Algaande sien hy hoedat hul voorraad bevrore vleis op die dag van die igloe al hoe minder word. Of hy moet toelaat dat ‘n ander my sy geliefde vader se plek inneem of jy moet sorg dat hy deru die gemeenskap as jagter aanvaar word. Nak neem ‘n moeilike besluit, waag dit met die kajak op die koue waters van die yssee, en te laat ontdek hy dat hy die nag alleen saam met ‘n verwoede ysbeer op ‘n stuk ysberg moet deurbring! En ‘n kwaai ysbeer is die gevaarlikste dier wat enige jagter kan teëkom!

Hierdie boek is ‘n treffende verhaal, des te meer omdat die skrywer daarin slaag om die mense van hierdie vreemde land se unieke leefwyses so oortuigend uit te beeld…

 

Out of stock

SKU: JEUG.DON.031/5/19 Category: Tags: , , ,

Description

Tafelberg

Vyfde druk 1972

Hardeband met mooi stofosmalg naam voorin boek uitgetippex, boek so goed soos nuut wat inhoud veral betref