Noodvlug oor die Ysgrens / Leif Hamre

R65.00

Torgier sien die bewegende vliegtuig. Hy gaan so skielik staan, dat hy op ‘n rots gly en val. Hy stamp sy knie en begin saggies huil. “Wag! Wag”, skree hy. Hy skree so hard as hy kan. Maar hy kon net sowel gefluister het. Bo die geweldige lawaai kan niemand hom hoor nie.  Saam met sy broertjie en sustertjie is hy alleen agtergelaat op ‘n eiland iewers in die Noordpoolsirkel. Niemand weet dat hulle daar is nie – en hulle weet self nie waar hulle is nie. Hulle vind skuiling in ‘n verlate jagtershuisie. Terwyl die poolnag nader kom, reuse ysblokk om die eiland saampak en ‘n ysbeer enige oomblik en sonder enige besondere inspanning die bouvallige huisie kan binnestap, sorg Torgier so goed as hy kan vir sy broer en sustertjie. Hy is nie van nature besonder sterk of dapper nie maar hy veg hardnekkig teen geweldige natuurmagte en teen sy eie vrees. Drie jong kinders se stryd om aan die lewe te bly op ‘n verlate ys-oordekte eiland is een deel van hierdie verhaal…

Ander boeke deur die skrywer:
Geen kontak
Otter drie twee roep
Vliegtuig gereed

Out of stock

SKU: FIKSIE.DON.010/12/17 Category: Tags: ,

Description

Uitgewer: Tafelberg

Eerste druk 1973

Toestand: Hardeband sonder stofomslag, prys in swart koki voorin geskryf, skaafmerke op boek se buitekant

Oorspronklike titel: Operasjon Arktis

Vertaal: Uit Noors deur Ione en Jalmar Rudner

Stofomslagontwerp: Helmut Starcke