Description
Nasionale Boekhandel Bpk
Sewende druk 1967
Hardebandboek met grys voorblad, sonder omslag, vlekke op onderkant van boek, stempels in boek
Tekeninge: Deur Katrine Harries
R90.00
Alba Bouwer het geen bekendstelling by die Afrikaanse leserspubliek nodig nie. Haar eerste bundel, Stories van Rivierplaas, het reeds ‘n besondere plek in ons letterkunde verwerf, en dat Nuwe stories van Rivierplaas ‘n waardige opvolger is vir daardie eerste bundel, is nie te betwyfel nie.
Die kunsigte tekeninge van Katrine Harries is weer daar om by te dra tot die bekoring van die sketse en al die beminlike figure met wie ons in die eerste bundel kennis gemaak het, leef weer net so sterk en lewendig in hierdie tweede bundel: Alie met haar dun beentjies en haar wit koopie en haar wonderlike drome; Lulu met haar donker koppie en haar stewige kniekoppe en haar heerlike avontuurlus; ou Melitie met haar klingelende armbande en haar simpatieke insig in die kinderhart; oom Jan en tant Lenie en Hennie – almal is weer in hierdie bundel, net so suiwer en eg gebeeld soos in die eerste een. Trouens die sketse in hierdie bundel is eintlik nog mooier as dié in die eerste.” – Audrey Blignault
Out of stock
Nasionale Boekhandel Bpk
Sewende druk 1967
Hardebandboek met grys voorblad, sonder omslag, vlekke op onderkant van boek, stempels in boek
Tekeninge: Deur Katrine Harries