Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste uitgawe 1998
Toestand: Sagteband in mooi en skoon toestand
R85.00
In die hart van hierdie bundel lê die trauma van ‘n geliefde wat haar lewe beëindig het. Hierdie stuk donkerte word van verhaal tot verhaal gekaats en verdiep – ‘n spel van spieëls waarin eggo’s van die hooffigure meespeel. Die byna ondraaglike verwonding vind uiting in makabere doodserotiek, leei tot ‘n roekelose blootstelling aan selfvernietigende ervarings, in ‘n desperate poging om die verlies te vervang. Uiteindelik loop die reis deur die donker uit op ‘n herbevestiging van die lewe en op ‘n skeppende hergeboorte.
Omdat ons alles is, die skrywer Henning Pieters se prosadebuutm is ‘n ontstellende en bevrydend eerlike bundel.
1 in stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste uitgawe 1998
Toestand: Sagteband in mooi en skoon toestand