Oor die nek van die draak deur Maretha Maartens

R90.00

Kotie wou nie weggaan nie. Sy was dertien en wou net leef op hul plaas onder die Sneeuberge waar alles mooi en bekend was. Haar ouer broer was kortaf toe sy uitvra. “Dit het iets met roers en kruit en met die Engelse regering aan die Kaap te doen,” het hy gesê. “Maar jy bly tjoepstil, gehoor? As hule vir Pa met die buskruit vang, hang hy!”

Sy het geweet teëpraat sou nie meer help nie. En toe is die trek glad nie so erg nie, veral nie met Pieter in die nabyheid nie. Kotie kon dit self nie verklaar nie, maar meteens was alles net lekkerder…

Out of stock

SKU: KIN.CDON.037 Categories: , Tags: , , ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1988

Hardeband met gekleurde voorblad

Bandontwerp deur Fanie Bekker.

Stempel van biblioteek op titelblad boek nog netjies en stewig, sakkie agterin boek.

R90