Patrys-hulle / E.B. Grosskopf

R65.00

Sy boek Patrys-hulle word beskou as die eerste werklike seunsverhaal in Afrikaans en het klassieke status verwerf. Hierdie boek is gegrond op die skrywer se eie jeugherinneringe. Dit verskyn oorspronklik as vervolgverhaal in Die Huisgenoot, word dan in 1926 in boekvorm gepubliseer en is sedertdien byna vyftig kere herdruk. Hierin word die lotgevalle en avonture van ’n groep maats op ’n plattelandse dorpie in die vroeë twintigerjare van die vorige eeu uitgebeeld. Hoewel die verhaal in episodes verloop, word dit tot ’n hegte eenheid verbind deur die hoofkarakter Patrys, sy gevoel vir Nettie, sy voortdurende botsings met die gemene Jan Flap en die invloed van die onderwyser, meester Stals. Die verhaal munt veral uit met die lewensgetroue weergawe van die seuns se nukke, grille en stoutigheid. (Wikipedia)

Out of stock

SKU: FIKSIE.MAR.001/04/17 Category:

Description

Uitgegee deur J.L. van Schaik Beperk

Sewende druk 1934

Hardeband sonder stofomslag, met mooi skets op voorblad, naam van vorige eienaar voorin boek en xbibboek stempels en ding, effense verweer en skade op hoek van voorblad