Kuier in ‘n plaaskombuis / Nico Moolman

R200.00

Resepte en stories van gister neem jou deur plattelandse geskiedenis en spoeg jou uit in ouma se plaaskombuis.

Na 10 jaar op die rak, nog steeds ‘n treffer!!

Die boek is propvol fotos in sepia met resepte en stories tussenin – ‘n regte nostalgiese boek. Dis nie by uitstek net ‘n kookboek nie en word bloot hier geklassifiseer.

Hierdie boek is meer as net ‘n resepteboek. Dis ‘n reis deur ouma se kombuis en ‘n reis deur ons Afrikaner geskiedenis. Die hele boek is gedruk op sagter papier en al die fotos is in sepia (bruinerige verouderde) kleur gedruk. Daar word ook fotos van ander huisraad soos stowe en strykysters uit die verlede gewys. Ook interessante ou advertensies, boererate (soms nog in ou Nederlands om aan te pas by die verouderde voorkoms van die boek. Sommige resepte is sommer nog in die handskrif van iemand uit die verlede – alles is so nostalgies. Daar is tot ‘n ou storietjie (met ‘n foto) van oom Andries van den Heever van Petrusburg wat so met sy gewig gesukkel het.

 

1 in stock

Description

Uitgegee deur Corals Publishers

Vyde druk 2011

Hardeband soos nuut, die skrywer het ‘n boodskap geskryf aan vorige eienaar voorin die boek

Setwerk: Tanya dos Santos