Polarioid / Tom Dreyer

R75.00

Polaroid vertel die stories van hoteliers en pakhuisklerke, voordeurverkoopsmanne en werknemers van bandeplekke – gewone mense wat weier om gewoon te wees. Hulle is die “liggelowiges, ontredderdes en dié wat om diep persoonlike redes in wonderwerke moet glo”, hulle skop teen die alledaagsheid, want hulle weet, of hulle hoop, dat daar meer agter die dop va ndie werklikheid skuil. En hulle verhale is ook so: onder die oppervlak skitter geheimsinniger stories. Nes eienaardige dinge gebeur wanneer jy twee velle Polaroid oormekaar skuif, so dreig die ongewone om – enige oomblik, en is verrassende kleur – deur die onbeduidende te breek.

Tom Dreyer is in 1972 in Kaapstad gebore, en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch asook die Universiteit van Kaapstad. Hy is die skrywer van die romans, Erdvarkfontein (1998), Stinkafrikaners (2000), Equatoria (2006). Stinkafrikaners is bekroon met die Eugene Marais-prys, terwyl Equatoria gekortlys is vir die M-Net-prys.

Out of stock

SKU: FIKSIE.NWR.010/4/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 2007

Toestand: Sagteband nog splinternuut