Praktyk Sielkunde / Wollie van Sittert

R55.00

Sonsopkomtyd het ek nakend die skoot van my moeder verlaat, met stormwolke wat sporadies voor die son inbeweeg, deurkruis ek Gods aarde met ‘n uitkyk op die lewe van leer uit ander se foute, ondervind die “Groot niet” self, neem ter harte wat op my lewe positief’n verandering kan teweegbring en laai oortollige en onnodige lewensbagasie af. Nakend sal ek Gods aarde verlaat, course why die doodskleed het nie sakke nie en nog minder het die Hemel huise met titelaktes. Sekere voetpaadjies wat ek tot dusver al op my pelgrimsreis beleef en ervaar het, deel ek met liefde met die leser en dit is wat ek vir altyd aan my mense kan agterlaat die dag as my voetspore dof raak en ek my eie ewige sonslsaaptyd ervaar.

Ek sien daarna uit om u toerleier te wees wanneer u saamstap op die paar voetpaadjies en simpelgeite van my pelgrimsrus en daarmee sê ek groete van huis tot huis… Welkom tot die humoristiese genre!

4 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.1534/2011; FIKSIE.ALG.1530/2011 Categories: , Tags: , ,

Description

Gedruk Trans Oranje Drukkers Upingtong

Eerste uitgawe 2002

Sagteband met harder buiteblad as gewoonlik

Bestaan uit 52 stories