Present / H.J. Vermaas

R80.00

Toe die vyf man gewaar dat daar ‘n bende vyandige Zoeloes in die gras skuil, was daar net nog tyd om in ‘n skeur in ‘n krans skuiling te vind. Daar kon hulle die aanvallers van hulle weghou, maar terselfdertyd was hulle vasgekeer soos ‘n rot in ‘n val. Hulle het besef dat hul ammunisie weldra sou opraak, en dan sou die einde kom.

Daar was een kans om hulp te ontbied – Present, die hond wat reeds ‘n man van die dood gerede het toe ‘n gekweste buffek hom gestorm het.

Salie het ‘n doek om Persent se nek gebind en hom uitgestuur: “Huistoe! Laer toe! Roep vir pa. Sê hy moet ons kom help!” Dit was veel gevra vir ‘n hond, maar Salie het nie verniet geweier om hom vir dertig goue Engelse ponde te verkoop nie. Sy vertroue in sy hond was nie misplaas nie.

Soos al Vermaas se werke, getuig hierdie een ook van sy intieme kennis van die natuur en diere. Deur sy woordgebruik en doodnatuurlike vertelling van die stryd om te bestaan en die heldemoed van vorige geslagte, skep hierdie skrywer ‘n besondere sfeerwat eie is aan sy werk.

1 in stock

SKU: JEUG.DON.020/9/3/22 Category:

Description

Nasionale Boekhandel

Vyfde druk 1968

Hardebandboek met mooi stofomslag, hier en daar in potlood onderstreep in boek

Stofomslag: K.M. Scholtz