Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: 8ste druk, 1987
Toestand: Sagteband nog baie mooi, handtekening van vorige eienaar voorin
Bandontwerp: Alida van der Merwe
R60.00
Danda (Daniël Daneel) vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in ’n ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleêr oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word ’n bedreiging.
Die troeteldiere en Vetvoet sorg vir humoristiese afwisseling. Danda maak ook kortstondig kennis met die Portugese meisie Rosina. Die motief van natuurbewaring teen die agtergrond van ’n subtropiese wêreld in Afrika is sterk aanwesig.
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: 8ste druk, 1987
Toestand: Sagteband nog baie mooi, handtekening van vorige eienaar voorin
Bandontwerp: Alida van der Merwe