Danda op Oudeur / Chris Barnard

R100.00

Toe Danda ‘n jaar gelede op die vissersdorpie Oudeur aangekom het – na ‘n gevaarlike tog op die rivier met sy vlot, sy troeteldiere en sy eksentrieke vriend Vetvoet – het hy gedink al sy probleme is opgelos. Want hy was weer by sy pa, ver van sy peetouers wat ie vir hom omgee nie. Hy kon sy pa help om hul boot te betaal, daar was plek vir sy diere, en hy was naby Rosina, die meisie met die donker  vlegsels wat pynlik skaam is en hom tog elke Woensdag op die strand ontmoet.

Maar een aand, nadat die kruppel man op die donker  sypaadjie met hom gepraat het, besef Danda dat hy reeds geruime tyd weet dat alles nie pluis is nie. Sy pa is stil en bedruk, en die aande by die stoof in die kombuis is nie meer dieselfde nie.

Toe hy die afspraak met die geheimsinnige kruppele nakom, raak Danda dadelik betrokke by die bedrywighede van seerampokkers van ‘n skadu-agtige figuur wat net sowel vriend as vyand kan wees…

Dis ‘n aksievolle en opwindende boek uit die pen van skrywer Chris Barnard.

 

Out of stock

SKU: JEUG.ALG.005/1/1/23 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg Uitgewers

Eerte druk 1977

Hardebandboek met verweer op die omslag asook vetkol op voorblad, skeur op omslag is geheg, boek in puik toestand binne

Stofomslagontwerp: Bekende illustreerder Alida Bothma