Die geheim van die verdwene skuit / Paul Berna

R60.00

Fanch is ‘n seun van die see, ‘n knaap wat sommer maklik stokkiesdraai by die skool as die hoogwater inkom en hy op sy skuit kan uitvaar in die Kleinsee – die inham bo die weskus van Frankryk, waar die eilandmense  met oesters boer. Dis ‘n vreedsame lewe totdat Fanch op ‘n dag ‘n gesonkes skuit uit die modder van ‘n moeras grawe. Dan begin daar vreemde dinge gebeur, want  allerhande eienaardige mense maak skielik hul verskyning op soek na ‘n plesierboot wat niemand nog ooit gesien het nie. Met sy avontuurlus, sy  lewensvreugde, sy sin vir humor en sy brandende liefde vir sy eiland en die ou mense wat hom as weeskind grootgemaak het, speel Fanch ‘n gevaarlike speletjie waarin ‘n hele paar skurke betrokke raak.

Op die agtergrond beweeg die figuurtjie van die blonde Lise, die meisietjie wat aan alles deelneem en dit is sy  wat uiteindelik iets merkwaardigs ontdek…

As jeugverhaal bied Die geheim van die verdwene skuit sowel avontuur as menslikheid, genoeg om enige kieskeurige jong leser se hart te steel.

Out of stock

SKU: JEUG.SKO.1756/2012 Category:

Description

Uitgewer: HAUM

Uitgawedatum: Eerste Afr uitg 1972;

Toestand: Hardeband met stofomslag, inhoud in puik toestand.

Oorspronklike titel: l’Epave de la Berenice

Vertaal: Uit Frans deur Chris van Lille