Raaiselkind / Annelie Botes

R120.00

‘n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinslewe ontwrig “mens” te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam – oppasma – wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot “Boetatjie” kan deurdring. Wat, as niks meer help nie, met hom onder die olienhoutboom gaan sit en sussende hallelujaliedere sing. En dan is daar Alexander. Vreemdelingkind op sy eie “eiland”. Gillende, skoppende seuntjie wat kantelkop sit en luister wanneer die kerkklokke beier …

Out of stock

SKU: FIKSIE.VEN.004/8/23; FIKSIE.LIN.(B).022/28/11/22 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe, dertiende druk 2009

Sagtebandboek boek met effense verweer op hoeke en kante, Tip-Ex op voorste binneblad, vuil kolletjie op eerste binnebladsy. Die laminering kom effens los op die rante van die boek.