Rose van Schweitzer-Reneke / Estelle Botha

R160.00

Rose van Schweitzer-Reneke is ‘n historiese roman wat gebaseer is op die ware lewensverhaal van my groot-grootjie, Rose. As nuwe skrywer was ek op soek na ‘n lekker storie om mee af te skop en toe my ma eendag in 2012 haar ouma-grootjie se lewensverhaal aan my oorvertel, het ek in trane uitgebars, diep ontroerd oor die hartseer en trauma wat my groot-grootjie Rose moes deurmaak. Tog was ek ook gefasineerd oor haar sterk, befoeterde geaardheid en geinspireerd deur die innerlike krag wat hierdie vrou moes besit, om alles wat in haar lewe gebeur het, te verwerk en oorkom.

Helkampe, oorloë, liefde, haat, dood en geloof : dit is die pad wat Rose moet loop in hierdie historiese roman wat strek vanaf 1901-1916.

Rose probeer om die verlede agter haar te plaas deur die herinneringe te begrawe. Maar haat is ‘n emosie wat nie sommer geblus word as hy eers begin smeul het nie en al is dit reeds ses jaar sedert die einde van die Anglo-Boereoorlog, is vrede net ‘n lugspieëling as daar reeds ‘n oorlog in jou hart woed. Rose vind wel liefde en vir ‘n ruk glo sy dat die liefde haar sal bevry, maar kom gou agter dat daar erger dinge in die lewe  as konsentrasiekampe en oorlog is. Rose bly egter nie lê as sy geval het nie, al lyk haar toekoms donker, hou sy aan met veg. Tot die dag dat die lewe haar finaal platslaan, dan besef sy eers dat daar geen ander pad na vrede toe is as deur vergifnis en geloof nie…

Gebaseer op ‘n ware verhaal.

Out of stock

SKU: NUUT.ESB/001/2021 Category: Tags: , , , ,

Description

Uitgegee deur die skrywer

Eerste uitgawe, eerste druk 2015

Boek is in sagteband – Nuut.

Boek opgedra aan my ouma Stella en ma  Mariëtte – afstammelinge van Rose.